Staff

 

029 Dr. Konrad le Roux
Tandarts
Konrad is ‘n produk van Afrikaans Hoër en het in 1979 aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer.  Hy het in Phalaborwa, Sunnyside, Rietondale en Londen gepraktiseer en in 2001 die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Konrad en Esther het vier getroude  kinders en nege kleinkinders.
026 Dr. Org Marx
Tandarts
Org is ‘n Pretorianer wat die Jakarandastad geruil het om in die wynlande van Stellenbosch in 2001 te kwalifiseer. Na 2 jaar se werk in die Oos Kaap het hy sy horisonne en kennis gaan verbreed deur 5 jaar in Nederland te werk. Hy het die begin van 2010 by Konrad se praktyk aangesluit en is nou ‘n volwaardige vennoot. Org is getroud met Izaan. Hulle het twee kinders – ‘n dogtertjie en ‘n seutjie.
 DSCF0656  Marie-Louise Louw

 

Werk by ontvangs sedert Januarie 2019. Sy is getroud en het twee pragtige dogters. Sy geniet die buitelewe en adrenaliengevulde uitstappies met haar geliefdes.  Sy is n mens mens en streef daarna om n verskil in pasiënte se lewe te maak.  Dit is haar begeerte dat elke pasiënt die praktyk verlaat met n glimlag op sy/haar gesig.

 DSCF0657  Katryn Saunders

 

Katryn is die vriendelike assistent langs dr Org Marx se stoel.Haar omgee persoonlikheid laat mense maklik op hulle gemak voel moontlik omdat sy al voorheen n verpleër was. Dit maak van haar elke pasiënt se grootste steunpilaar. As sy nie by die werk is nie sal jy haar kry agter die kospotte, of in die tuin of selfs waar sy haar talentvolle seun by n aktiwiteit ondersteun. Haar hardwerkende geaardheid maak dr Org se werk soveel makliker en maak dat dinge by die praktyk seepglad verloop

Erna Viljoen
Tandarts assistent
Erna het in Desember 2012 by die praktyk aangesluit. Sy werk langs Konrad se stoel.  Sy is n musikant in haar vrye tyd. Erna se vriendelike geaardheid maak sommer alles vir almal lekker en maklik. Erna het twee volgroeide seuns. Hulle almal het n groot voorliefde vir honde, en is almal musikante.
This image has an empty alt attribute; its file name is DSCF0683-1024x768.jpg Janie Naude
Janie het as voltydse ontvangsdame by ons aangesluit in Januarie 2020. Sy is n koelkop jong dame wat help om ons administrasie op die voorvoet te hou. Sy het as enkel kind in die Jakarandastad grootgeword. Sy het n groot passie vir musiek en sy is op haar gelukkigste wanneer sy deur haar familie omring is.