 |
Dr. Org Marx Tandarts Org is ‘n Pretorianer wat die Jakarandastad geruil het om in die wynlande van Stellenbosch in 2001 te kwalifiseer. Na 2 jaar se werk in die Oos Kaap het hy sy horisonne en kennis gaan verbreed deur 5 jaar in Nederland te werk. Hy het die begin van 2010 by Konrad se praktyk aangesluit en is nou ‘n volwaardige vennoot. Org is getroud met Izaan. Hulle het twee kinders – ‘n dogtertjie en ‘n seutjie. |
 |
Dr. Alex Ablinger Dentist Born in Pretoria, Alex matriculated from the German School of Pretoria in 2009. He broadened his horizons by moving to Austria for 2 years, but decided to return to SA to pursue his passion. Graduated from the University of Pretoria in 2020, he completed his community service year in 2021. He enjoys the outdoors and when there is some time left he tinkers with old cars as a hobby. Alex will further his special interest in implantology, oral surgery and simple orthodontics. He is fluent in German, English and Afrikaans, as well a little bit of Zulu. |
 |
Marie-Louise Louw
Werk by ontvangs sedert Januarie 2019. Sy is getroud en het twee pragtige dogters. Sy geniet die buitelewe en adrenaliengevulde uitstappies met haar geliefdes. Sy is n mens mens en streef daarna om n verskil in pasiënte se lewe te maak. Dit is haar begeerte dat elke pasiënt die praktyk verlaat met n glimlag op sy/haar gesig.
|
 |
Katryn Saunders
Katryn is die vriendelike assistent langs dr Org Marx se stoel.Haar omgee persoonlikheid laat mense maklik op hulle gemak voel moontlik omdat sy al voorheen n verpleër was. Dit maak van haar elke pasiënt se grootste steunpilaar. As sy nie by die werk is nie sal jy haar kry agter die kospotte, of in die tuin of selfs waar sy haar talentvolle seun by n aktiwiteit ondersteun. Haar hardwerkende geaardheid maak dr Org se werk soveel makliker en maak dat dinge by die praktyk seepglad verloop
|
 |
Erna Viljoen Tandarts assistent Erna het in Desember 2012 by die praktyk aangesluit. Sy werk langs Konrad se stoel. Sy is n musikant in haar vrye tyd. Erna se vriendelike geaardheid maak sommer alles vir almal lekker en maklik. Erna het twee volgroeide seuns. Hulle almal het n groot voorliefde vir honde, en is almal musikante. |
 |
Janie Naude Janie het as voltydse ontvangsdame by ons aangesluit in Januarie 2020. Sy is n koelkop jong dame wat help om ons administrasie op die voorvoet te hou. Sy het as enkel kind in die Jakarandastad grootgeword. Sy het n groot passie vir musiek en sy is op haar gelukkigste wanneer sy deur haar familie omring is. |